Miljoene in subsidies vir staatsondernemings
Die Namibiese ministerie van finansies het amper 747 miljoen Namibiese dollar aan openbare ondernemings in die huidige boekjaar bewillig. Volgens die minister wat ook by openbare ondernemings waarneem, Ipumbu Shiimi, is die fondse in die vorm van subsidies. Namibia Wildlife Resorts sal die grootste subsidie van meer as 188 miljoen dollar ontvang, terwyl TransNamib, 175 miljoen dollar sal kry. Die Namibiese Instituut […]
Oekraïne vra hulp met kernfasiliteite
Die Internasionale Atoomenergieagentskap sê Oekraïne het ‘n omvattende lys van toerusting verskaf wat die land nodig het om sy kernfasiliteite tydens die oorlog veilig te bedryf. Die agentskap sê dit sluit in instrumente om bestraling te meet, afskermmateriaal, elektriese kragstelsels en dieselopwekkers. Russiese magte het sedert die begin van die oorlog twee kernaanlegte, Zaporizhzhia en Chernobyl, oorgeneem, maar dit is nou weer onder […]
Vakbondbaas se N$74m saak weer in die hof
Die taxi-vakbond baas Werner Januarie het om verskoning aan die hof gevra omdat hy nie ‘n voorvergadering oor die saak bygewoon het nie. Hy dagvaar die destydse minister van polisie Frans Kapofi, en ander, vir 74 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding. Hy sê daar is in sy huis ingebreek en alles is gesteel, insluitend sy selfoon. Hy het […]
Saftu protesteer vanmiddag, teen alles
Die buurland se vakverbond Saftu sal vanmiddag by die Uniegebou in Pretoria betoog. Die protesoptrede is teen onder meer werksverliese, beurtkrag, en geslagsgeweld. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle vra ook ‘n basiese toelaag van minstens 1 500 Suid-Afrikaanse rand:
168 dood in geweld in Darfoer
Botsings tussen Arabiere en nie-Arabiere in Soedan se oorloggeteisterde Darfoerstreek het gister tot die dood van 168 mense gelei. Volgens berigte het die geweld uitgebreek toe gewapende mans uit wraak dorpies van die nie-Arabiese Massalit-minderheid aangeval het ná die dood van twee stamlede. Soedan Dokters se sentrale komitee het teen rampspoedige gesondheidstoestande gewaarsku en sê talle hospitale is […]
Russiese oorlog in Europa is sinneloos, sê Ardern
Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het Rusland se inval in Oekraïne beskryf as ‘n wrange herinnering aan die brose aard van vrede, en as ‘n sinnelose oorlog. Die Verenigde Nasies se internasionale migrasie-organisasie beraam dat sowat 7,7 miljoen mense in die Oekraïne ontwortel is. Ardern sê Nieu-Seeland gaan ‘n vragvliegtuig en 50 weermagpersoneel stuur […]
Korrektiewe Diens boer vooruit
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het ‘n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram onderteken wat ten doel om goeie landboupraktyke te bevorder wat tot voedselsekerheid kan lei. Kommissaris-generaal Raphael Hamunyela het tydens die ondertekeningseremonie gesê die ooreenkoms is van kardinale belang om die dienste se mandaat na te kom om gevangenes van voedsel te voorsien […]
Bek- en klouseer is groot kopseer
Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, sê haar departement doen alles in sy vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp wat na vyf provinsies versprei het. Sy het verlede week met LUR’e en amptenare van Limpopo, Noordwes, Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal vergader. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die minister waarsku daar sal geen […]
Kookolie sal nog duurder word
Die oorlog in Oos-Europa het reeds wêreldwye landbouhandel omvergewerp en om dinge te vererger het Indonesië nou aangekondig dat hy ‘n verbod op die uitvoer van kookolie gaan instel. Daar is volgens berigte ook tekorte in daardie land met gepaardgaande prysstygings. Die land is verantwoordelik vir meer as ‘n derde van die globale uitvoer van saadolie. […]
McCann-egpaar hoop sy lewe nog
Die ouers van die Britse dogtertjie, Madeleine McCann, het die nuus verwelkom dat die veroordeelde kindermishandelaar Christian Brueckner, as ‘n amptelike verdagte in hulle dogter se verdwyning verklaar is. Hulle hoop steeds dat Madeleine nog lewe hoewel die Duitse polisie die saak as ‘n moordondersoek hanteer. Brueckner word verdink vir die moord op Madeleine wat ten tye van haar verdwyning drie jaar […]