McCann-egpaar hoop sy lewe nog

Die ouers van die Britse dogtertjie, Madeleine McCann, het die nuus verwelkom dat die veroordeelde kindermishandelaar Christian Brueckner, as ‘n amptelike verdagte in hulle dogter se verdwyning verklaar is. Hulle hoop steeds dat Madeleine nog lewe hoewel die Duitse polisie die saak as ‘n moordondersoek hanteer. Brueckner word verdink vir die moord op Madeleine wat ten tye van haar verdwyning drie jaar oud was. Hy het haar na bewering in Mei 2007 van ‘n vakansie-woonstel in Portugal ontvoer.