Korrektiewe Diens boer vooruit

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het ‘n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram onderteken wat ten doel om goeie landboupraktyke te bevorder wat tot voedselsekerheid kan lei. Kommissaris-generaal Raphael Hamunyela het tydens die ondertekeningseremonie gesê die ooreenkoms is van kardinale belang om die dienste se mandaat na te kom om gevangenes van voedsel te voorsien wat ‘n basiese behoefte is. Volgens kommissaris Sam Shaalulange, die hoof van die direktoraat vir sentrale personeel, is doel is nie net om kos aan die gevangenes te verskaf nie, maar ook aan Namibiërs.