Russiese oorlog in Europa is sinneloos, sê Ardern

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het Rusland se inval in Oekraïne beskryf as ‘n wrange herinnering aan die brose aard van vrede, en as ‘n sinnelose oorlog. Die Verenigde Nasies se internasionale migrasie-organisasie beraam dat sowat 7,7 miljoen mense in die Oekraïne ontwortel is. Ardern sê Nieu-Seeland gaan ‘n vragvliegtuig en 50 weermagpersoneel stuur om Oekraïne se stryd teen Rusland te steun: