84% van personeel by Namcor reeds gespuit

Na druk deur die bestuur van Namcor dat personeel ingeënt moet wees of weeklikse toetsuitslae op eie onkoste moet indien om toegang tot die perseel te bekom, sê die besturende direkteur Immanuel Mulunga dat 84 persent van sy werkerskorps reeds ten volle ingeënt is.

Read More

SA-begroting moet veiligheid in informele nedersettings in ag neem

Die Maatskaplike Geregtigheidskoalisie in Kaapstad sê die nasionale regering en die Wes-Kaapse regering moet môre in die begrotingsrede fokus op veiligheid in informele nedersettings. Die groep sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, moet die onlangse misdaadstatistiek in sy begroting oorweeg en die twee regerings moet meer sigbare wetstoepassing toepas en die aanbevelings van die […]

Read More

Groot vraag na SA-pere in Europa

Suid-Afrikaanse peerboere geniet ‘n goeie seisoen aangesien dit tans ‘n verkopersmark vir pere in Europa is. Die hoofbestuurder van bemarking by Good Hope Fruit, Marnus Schoeman, sê hulle het onlangs hul eerste pere uitgevoer na verskeie bestemmings, maar het nou as gevolg van die groot aanvraag die pluk-proses versnel. Hy sê baie van die oes […]

Read More

Leerders kan steeds vanjaar simbole verbeter vir AS-vlak

Daar is meer opsies as beroepsopleiding vir Namibiese leerders wat nie die nodige simbole behaal het om die AS-vlak te betree nie. Daar is vroeër beaam dat die studente alleenlik ambagsopleiding kan ontvang, die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê sekere uitslae kan verbeter word en leerders kan dan volgende jaar voortgaan.

Read More

Gift of the Givers hou reuse-mediese uitreiking in die Kaap

Gift of the Givers het die naweek een van die grootste eenmalige mediese hulpgeleenthede vir ‘n spesifieke gemeenskap in Touwsriver in die Wes-Kaap aangebied. ‘n Multidissiplinêre span medici met 50 vrywilligers het mediese dienste aan die dorp se inwoners gebied. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê tandartse het pasiënte se tande […]

Read More

Seismiese opnames behoort nie impak op wild te hê nie

Die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, sê twee-dimensionele seismiese opnames het nie ‘n wesenlike impak op wild nie. Sy aanmerkings kom na die Britse MEL Olie- en Gas-eksplorasie te kenne gegee dat hy aansoek doen om ‘n omgewing klaringsertifikaat vir die opnames in die omgewing van Oshivelo, net Oos […]

Read More

Oekraïne: Markte tuimel, goud en olie styg skerp

Asiatiese markte het vandag skerp gedaal maar olie en goud het op hul beurt gestyg nadat die Russiese president, Vladimir Putin, soldate ontplooi het in twee separatistiese streke in Oos-Oekraïne. Brent ru-olie verhandel steeds bo 95 Amerikaanse dollar ‘n vat, terwyl goud net meer as 1 900 Amerikaanse dollar per fyn ons kos. Die stap […]

Read More

Verhoogde koringproduksie in VSA is goeie nuus

Reaksie word ontvang op berigte dat Amerikaanse koringboere produksie gaan opstoot en voorsieningstekorte verhoed ingeval van ‘n moontlike Russiese inval in Oekraïne. Dit kan landbou-uitvoere vanaf die internasionale twee graan-kragreuse afsny. Tydens ‘n handelsending na die Verenigde Arabiese Emirate het die Amerikaanse minister van Landbou, Tom Vilsack, gesê konflik in Oekraïne sal aan Amerikaanse boere […]

Read More

Qatar Wêreldbeker: 50 000L water per sokkerveld, per dag

Winter sal vroeg sy verskyning by die sokkerstadions in Qatar maak wanneer stadionbestuur in September begin om verkoelde lug in die stadions in te blaas om die gras op die sokkerveld toe te laat om weelderig te groei. Qatar beleef temperature van 40 grade Celsius in die herfs, wat September is en die stadions moet […]

Read More

Elektrisiteit onder die loep by die kus

Die Streeksenergie Reguleerders-vereniging van Suider-Afrika hou vandeesweek hul jaarlikse konferensie en jaarvergadering op Swakopmund. Die tema is die verbetering van elektrisiteitstoegang en -prestasie. Tussen 70 en 100 afgevaardigdes van die Suider-Afrikaanse streek en ander dele van die wêreld sal die konferensie bywoon. Die uitvoerende direkteur van die vereniging, Elijah Sichone, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More