Spanning oor Chris Hani se herbegrawe

Die familie van die voormalige uMkhonto we Sizwe-bevelvoerder in die Oos-Kaap, wyle Chris Hani, eis dat sy oorskot in sy tuisdorp Cofimvaba herbegrawe word. ‘n Familielid, Mphatheli Hani, sê ‘n vergadering in 2009 met oud-president Jacob Zuma oor die opgrawing, herbegrawe en opknapping van die voorvaderwoning het nooit gebeur nie. Hani se weduwee, Limpho Hani, het die voorstel verwerp en gesê as hoof van die familie het sy die reg om haar man se nagedagtenis te beskerm.