Wes-Kaapse landbou gelukkig met uitvoersyfers van vrugte

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê weens die vele onderbrekings in internasionale handel as gevolg van Covid-19, bedreig opeenhopings by fasiliteite steeds die betroubare voorsiening van belangrike landbouprodukte. Dit hou verband met handelsinfrastruktuur, insluitend hawens se vermoëns en tarief- en geen-tariefbeperkings. Meyer sê die toename in die uitvoer van vrugte is goeie nuus vir die provinsie. Hy sê die provinsiale landboubedryf fokus op uitvoer en beloop 53 persent van die nasionale landbou-uitvoersektor.