Isap maan teen onwettige handel in meerkatte

Intelligence Support Against Poaching, oftelwel Isap, is ontsteld en bekommerd oor mense wat meerkatte as troeteldiere ma kmaak en aanhou, of selfs op sosiale media onwettig te koop aanbied. Fritz Kauffman, stigter van Isap, maan dat meerkatte diere met ‘n sterk sosiale struktuur is en in die natuur hoort.

Read More

Ekonoom sê Namibiese ekonomie word een van werkloosheid

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die Bank van Namibië se seminaar wat vanoggend in die hoofstad aangebied is om die herstel van die ekonomie ná die Covid-pandemie te bespreek. Die seminaar se sprekers het ‘n wye reeks van kwessies en voorstelle vir die land se ontwikkelingsagenda bespreek. Salomo Hei van High Economic Intelligence het […]

Read More

Chris Hani se moordenaar vra verskoning vir sy weduwee, SAKP

Chris Hani se moordenaar het sy weduwee en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party om verskoning gevra. Janusz Walus se regspan doen aansoek om sy parool in die Konstitusionele Hof nadat talle vorige aansoeke geweier is. Walus het die SAKP se hoofsekretaris in 1993 vermoor by sy huis in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Sy aanvanklike doodsvonnis […]

Read More

21% van geteikende Namibiese bevolking is ten volle ingeënt

Die Namibiese gesondheidsministerie het 27 nuwe Covid-gevalle uit 1 148 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,4 persent verteenwoordig. In die groep is 10 leerders van verskillende skole, asook een student en onderwyser elk. Daar is nou 2 608 aktiewe gevalle, waarvan 46 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 21 persent […]

Read More

‘Publiek moet omgee hoe regering hul finansies bestee’

Suid-Afrika sal môre uitvind hoe die begroting oor die volgende drie jaar aangewend sal word, wanneer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, die regering se bestedingsraamwerk sal aankondig. Een van die groot bronne van kommer oor die rede is hoe die begroting Suid-Afrikaners gaan raak. Die rubriekskrywer oor persoonlike finansies, Maya Fisher-French, het gesê Suid-Afrikaners […]

Read More

AfriForum behaal oorwinning oor taaldiskriminasie

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy het ‘n oorwinning behaal oor taaldiskriminasie. ‘n Woordvoerder, Alana Bailey, sê hulle het ‘n sielkundestudent met regshulp bygestaan teen die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika nadat hul geweier het om sy aansoek te aanvaar omdat sy graadsertifikaat in Afrikaans is. Bailey sê die raad het hom uiteindelik geregistreer en die […]

Read More

Kaapstadse burgemeester hersien sy 100 dae in die amp

Kaapstad moet sy regmatige plek inneem tussen die werklike groot stede van die wêreld. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê dit kan gedoen word indien die stadsraad dapper stappe doen en die oorheersende gevoel van agteruitgang wat so baie mense in die land voel, verander na positiwiteit oor die toekoms. Hy het sy 100 dae in […]

Read More

Organisasie vir fluitjieblasers in SA bekend gestel

‘n Openbare hulporganisasie in die buurland is vandag aanlyn bekend gestel om mense bewus te maak van fluitjieblasers se lot en om hul belangrike rol te erken om etiek en demokrasie te bevorder. ‘n Woordvoerder, Cynthia Stimple, sê The Whistleblower House is gestig deur die gewese adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Ivan Pillay, die voormalige […]

Read More

Internasionale Energiekonferensie gaan Namibië as bestemming vir energiebeleggings bevorder

Die vierde Internasionale Energiekonferensie sal Namibië as bestemming vir energiebeleggings bevorder. Dit vind vanaf 20 tot 22 April in Windhoek plaas. Die konferensie word deur Rich Africa Consultancy georganiseer en sal oor twee dae onder die vaandel van die ministerie van myne en energie aangebied word. Andreas Simon, die hoofskakelbeampte in die ministerie sê die […]

Read More

Staatsadvokaat sê Ace se regspan het nie die dossier gelees

Die Suid-Afrikaanse staatsadvokaat, Naseer Cassim, beskuldig die regspan van die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, dat hulle nie die dossier met bewyse teen hom, behoorlik gelees het nie. Magashule en nog drie ander probeer in die hooggeregshof in Bloemfontein om aanklagte van bedrog en korrupsie teen hulle teruggetrek te kry. Magashule en 15 […]

Read More