Gefrustreerde Okahandja-inwoners gaan op 11 Mei optog hou

Frustrasies oor ‘n gebrek aan ontwikkeling en dienslewering is aan die orde van die dag onder inwoners van Okahandja. ‘n Groep gefrustreerde inwoners van die Illegal informele nedersetting in die dorp wat hulself “Genoeg is genoeg” noem, beplan ‘n vreedsame optog op 11 Mei. Hulle nooi ander gefrustreerde inwoners uit om by hulle uit te sluit. Die groep se woordvoerder, Sethie Gariseb deel sy frustrasies met Kosmos 94.1 Nuus.