Tronke hier het dieselfde uitdagings as in SA

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het gereageer op die buurland se jongste verslag oor tronk-ontsnappings wat aandui dat 94 beamptes ontslaan is vir die smokkel van onwettige dwelmmiddels na tronke en vir die aanhelp van ontsnappings. Hulle werk aan die verhoudingsgetal van beamptes tot gevangenes, wat deur oorbevolking in tronke skeefgetrek is. Die Namibiese Korrektiewe Dienste se hoof van die direktoraat vir sentrale personeel, kommissaris Sam Shaalulange, het gesê dieselfde oortredings word in Namibië gevind, maar daar word altyd opgetree.