Eerste getuie sê moordtoneel van sokkerkaptein was afgesper

Die eerste getuie in die Senzo Meyiwa-moordverhoor, die polisielid Thabo Mosia, het getuig die misdaadtoneel was reeds afgesper toe hy in Oktober 2014 by die Mzamo-afdeling in Vosloorus, Ekurhuleni, aangekom het. Hy het in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria getuig. Mosia was een van die eerste polisiebeamptes wat na die skietery forensiese bewyse op die misdaadtoneel ingesamel het. Mosia sê hy sal later getuig oor die peutering met bewysstukke.