Regsverteenwoordiger van wyle Meyiwa se vriendin in hof verbied

Die regsverteenwoordiger van die vermoorde Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa se vriendin is op versoek van die staatsaanklaer, George Baloi, gevra om die hooggeregshof in Pretoria te verlaat waar die moordverhoor aan die gang is. Advokaat Magdalene Moonsamy woon die sitting by namens Kelly Khumalo, in wie se huis Meyiwa in 2014 aan die Gautengse Oos-Rand vermoor is. Regter Tshifhiwa Maumela sê die kwessie sal heroorweeg word nadat Khumalo getuig het.