Cyril se kabinet moet bedank

Die DA-leier John Steenhuisen sê President Cyril Ramaphosa se mislukking om sy beloftes oor leefstyloudits vir ministers na te kom, is net nog ‘n bewys dat sy kabinet moet bedank. Die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, het vroeër die week erken dat geen ware vordering met leefstyloudits gemaak is nie. Steenhuisen sê Ramaphosa […]

Read More

Kommer oor Similac babamelk

Die Nasionale Verbruikerskommissie in Suid-Afrika waarsku verbruikers om nie Similac Alimentum 400-gram babamelk te gebruik nie. Die vervaardiger, Abbott Laboratories-Nutrition, se voorsorgmaatreël om dit te onttrek, volg nadat verbruikers gekla het kinders ontwikkel sekere simptome nadat hulle dit gedrink het. Die verbruikerskommissaris, Thezi Mabuza, sê interne toetsing het die teenwoordigheid van Cronobacter- en Salmonella-mikro-organismes in […]

Read More

EU stel ook sanksies teen Rusland in

Die Europese Unie het ooreengekom om ‘n nuwe stel sanksies teen Rusland toe te pas. Dit volg nadat Rusland besluit het om die wegbreek-gebiede Donetsk en Luhansk in die ooste van Oekraïne te erken. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die pakket teiken Russiese banke en die land se vermoë om […]

Read More

Uefa oorweeg onttrekking uit St. Petersburg

Die Europese beheerliggaam Uefa oorweeg dit om die eindstryd van die Kampioeneliga uit die Russiese stad St. Petersburg te verskuif weens die krisis in Oekraïne. Moskou het gister tenks na separatistiese streke in sy buurland gestuur, wat gelei het tot ‘n reuse internasionale reaksie en vrese oor ‘n volskaalse inval. Verskeie lande het reeds sanksies […]

Read More

Huang en kie word vervolg

Die kantoor van die aanklaer-generaal het beslis dat Jack Huang en verskeie ander Chinese en plaaslike sakepersone in die hoërhof verhoor sal word op klagte van onder andere, belasting ontduiking ter waarde van 3,5 miljard Namibiese dollar. Die groep is reeds in 2017 in hegtenis geneem op die klagte. Die ondersoek toon dat goedere wat […]

Read More

Dinge raak meer ‘nawa’ vir Namibiese esels

Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, oftewel Nawa, se span van hul Donkie-projek werk hard aan verskeie projekte. Nawa se eerste donkiesorg-uitreikprojek in samewerking met die Dierebeskermingsvereniging vorder goed waar eienaars van donkies opleiding kry om hulle mooi te versorg. Toerusting is ook geskenk. Die donkies ontvang ook mediese behandeling. Heather Craemer, voorsitter van Nawa, gesels met Kosmos […]

Read More

Nuwe verkragtingswet ter tafel gelê

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, het die langverwagte wysigingswetsontwerp op verkragting in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Luidens die dokument sal die minimum skuldigbevinding aan verkragting van ‘n minimum van vyf tot tien jaar verhoog, en waar die verkragting onder dwang gepleeg word, word die vonnis nou van ‘n minimum van tien […]

Read More

Nam-owerhede ontleed monsters van maagversteurings

Terwyl Suid-Afrika sukkel met ingewandskoors het Namibië ook uitdagings met maagversteurings in Swakopmund en Windhoek. Volgens die jongste berigte het die gesondheidsministerie monsters geneem om te toets. Van die gevalle se braking en diarree is so intens dat pasiënte in die hospitaal opgeneem is. Die swak sanitasie in informele nedersettings met die goeie reën word […]

Read More

Dippenaar bekom regslui ter elfder uur

Dit wil voorkom asof Jandre Dippenaar ter elfder uur regsverteenwoordiging bekom het in die siviele eis wat Antonia Joschko teen hom ingestel het. Volgens die bevel van regter Shafimana Ueitele is die saak tot 8 Maart uitgestel om nie net die verhoordatums te bepaal nie maar dat Dippenaar se prokureur, wat nog nie bekend is nie, op rekord kan kom as […]

Read More

Dawie Roodt sê oor buurland se begroting

Die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, se eerste begrotingsrede sal hoofsaaklik op die bekamping van besteding fokus. Dit is die mening van die ekonoom, Dawie Roodt. Die minister sal vanmiddag sy begrotingsrede vir 2022-2023 lewer. Roodt sê hy verwag nie enige verrassende aankondigings nie, maar daar is ‘n paar dinge waarna ‘n mens […]

Read More