Klimaatsverandering & ekostelsels – pas so aan

Die Omgewingsbeleggingsfonds en die Namibiese omgewingsministerie het landwye opleidingslypskole in ekostelsel-aanpasssings vir klimaatsverandering aangebied wat die herstel van ekostelsels ten doel het. Dit het plaasgevind op Keetmanshoop, Otjiwarongo, Khorixas, Opuwo, Ondangwa, Rundu en Katima Mulilo. Gemeenskapsorganisasies en deelnemers het hul prioriteite geïdentifiseer en tegniese hulpmiddels is verskaf vir hul beplanning oor kwessies van klimaatsverandering. Die projek word deur die Groen Klimaatsfonds gefinansier.