Musk koop Twitter na raad ‘ingee’

Die miljardêr, Elon Musk, het ‘n ooreenkoms beklink om Twitter vir 44 miljard Amerikaanse dollar, sowat 691 miljard Namibiese dollar, te koop. Twitter sê sy raad van direkteure het die transaksie eenparig goedgekeur. Tesla se uitvoerende hoof sê in ‘n verklaring hy wil Twitter uitbrei met nuwe kenmerke, die algoritmes openbaar maak om vertroue te kweek, indringerware beperk en seker maak dat slegs mense inskrywings plaas. Hy sê Twitter het geweldig baie moontlikhede.