Gondwana is dankbaar vir DBN-lening

Gondwana Collection sê hulle is dankbaar vir die Ontwikkelingsbank van Namibië wat deur ‘n Covid-19 besigheidsverligtingslening gehelp het om ongeveer 950 poste by Gondwana te bewaar. Die bank het finansiering van 53 miljoen Namibiese dollar aan Gondwana verskaf om die salarisse van sy werknemers te betaal. Die 950 werknemers is verdeel onder 28 lodges en maatskappye waaruit die groep bestaan en ondersteun ook gemeenskappe landswyd. Die groep se handelsmerkbestuurder, Jescey Visagie sê aan Kosmos 94.1 Nuus toerisme is besig om op te tel