Kapuuo moet waai, Uutoni moet ons uitlos – Ovaherero

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid het ‘n klagskrif aan die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, geskryf om hul frustrasies aan hom te opper. Hulle is van mening dat Uutoni en eksterne magte nog altyd probeer het om by die Ovaherero-leierskap in te meng en dit te kaap vir hul eie politieke belange wat teenstrydig is met Ovaherero-belange. Dit volg na die raad van hoofde eenparig beslis het dat die voorsitter van die tradisionele owerheid Vipuira Kapuuo herroep moet word en professor Matjinde Katjiua as opperhoof erken moet word. Nandi Mazeingo van die owerheid gesels met Kosmos 94.1 Nuus.