Namibiese damme is gesamentlik 84% vol

Namibiese damme is gesamentlik 84 persent vol teenoor verlede jaar die ooreenstemmende tydperk se 87,3 persent. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die sentrale damme tans gesamentlik 62,6 persent vol teenoor verlede jaar se 90,3 persent. Suide-damme is propvol met die Nautedam 102,7 persent en die Neckartaldam 99,8 persent vol. Die Hardapdam is 71 persent nadat 2,396 miljoen kubieke meter water vrygelaat is.