DStv maak veranderings aan Catch Up toegang

Multichoice het aangekondig DStv-intekenare sal van 22 Maart af nie meer toegelaat word om DStv Catch Up-inhoud op meer as een toestel op dieselfde tyd te stroom nie. Dit sal op beide biblioteekinhoud en op liniêre TV-kanaal as stroming gestaak word. Volgens Multichoice het die uitdaging van wagwoorde wat gedeel word en onwettige kopiëring, gelei […]

Read More

Uganda hef boete van N$17 000 as jy nie spuit nie

Uganda beplan om boetes uit te reik aan landsburgers wat weier om teen Covid-19 ingeënt te word, en diegene wat versuim om te betaal, kan ingevolge ‘n nuwe wet op openbare gesondheid wat wetgewers noukeurig ondersoek, tronk toe gestuur word. Alhoewel die land byna ‘n jaar gelede Covid-inentings begin toedien het, is slegs ongeveer 16 […]

Read More

NEF gesels wel met vakbond oor vervoeruitdagings

Gister was die sperdatum van die Namibian Revolutionary Transport Union wat hy aan die Namibiese Werkgewersfederasie gestel het vir ‘n ingryping in die vervoerbedryf. Die vakbond meen daar is uitbuiting van werkers in die industrie en wil hê die federasie moet intree of, ‘n grootskaalse staking sal plaasvind. Die sekretaris-generaal van die federasie Daan Strauss […]

Read More

Werke en vervoer verwag ook besnoeiing môre

Infrastruktuur is uiters belangrik vir elke land se ekonomie en met môre se begroting wat onder uiters moeilike omstandighede ter tafel gelê word, verwag talle ministeries besnoeiing in fondse. Die woordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, Julius Ngweda het dit so verwoord…

Read More

Emnati verloor vinnig spoed

Winde van tot 135 kilometer per uur het Madagaskar vroeg vanoggend getref toe sikloon Emnati aan land gekom het. Emnati is die vierde storm wat die land in ‘n maand tref. Emnati het aan die suidoostelike kant van die eiland toegeslaan, waar Batsirai net minder as drie weke chaos veroorsaak het en tot talle sterfgevalle […]

Read More

Zverev uit toernooi geskop vir onsportiewe gedrag

Die Duitse ster Alexander Zverev is uit die Meksikaanse Ope geskop nadat hy die skeidsregter aangeval het. Die wêreld nommer drie het die skeidsregter se stoel herhaaldelik met sy raket geslaan nadat hy en sy dubbelspelmaat, Marcelo Melo, in die ronde van 16 teen Lloyd Glasspool en Harri Heliövaara verloor het. Die organiseerders het later […]

Read More

Almal hou duim vas vir Banyana Banyana vandag

Terwyl die Brave Gladiators nie daarin geslaag het om vir die Afrika-kampioenskappe van Nasies vir Vroue in Julie te kwalifiseer nie, het Banyana Banyana nog ‘n kans. Die span se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle moet die tweede helfte vandag teen Algerië versigtig aanpak. Suid-Afrika is op die punt om te kwalifiseer nadat hulle Algerië […]

Read More

Kinderadvokaat reageer op wysigings aan verkragtingswet

Reaksie word ontvang op die langverwagte wysigingswetsontwerp op verkragting wat die Namibiese minister van justisie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê het. Daar word veral klem gelê op langer vonnisse en verkragtings van slagoffers jonger as 13 het ook swaarder strawwe. Die kinderadvokaat, Ingrid Husselmann het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Covax het meer voorraad as wat vraag eis

Vir die eerste keer is daar meer voorraad by die Covax-fasiliteit as wat daar vraag is. Verlede jaar het ryk lande die meeste van die beskikbare inentings aangekoop en eers hul eie burgers in te ent, wat beteken minder as ‘n derde van die mense in lae-inkomstelande is tot dusver ingeënt vergeleke met meer as […]

Read More

Enoch moet die suikerbelasting asb uitlos

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê ‘n verhoging in suikerbelasting sal ‘n ramp wees. Die voorsitter, Andrew Russell, sê hulle het voorheen die Tesourie se aandag gevestig op ‘n verslag wat toon suikerbelasting het die land in die eerste jaar nadat dit ingestel is, meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand gekos. Hy doen ‘n beroep op die […]

Read More