LPO sê oor uiters hoë skaap-uitvoere

Die jongste syfers wat deur die makelaarsfirma Simonis Storm voorberei is, toon dat lewendige uitvoere van skaap met amper 44 persent op ‘n jaargrondslag gestyg het. Die sektor is reeds ‘n geruime tyd onder druk en die Lewendehawe Produsente Organisasie het ook onlangs ‘n studie oor die sektor voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het die organisasie se voorsitter Thinus Pretorius gepraat.