Neka berei strategiese plan voor

Die sogenaamde kinders van die vryheidstryd het ‘n strategiese plan van stapel gestuur. Die groep se vereniging, bekend as Neka, se plan sal oor twee jaar loop, tot 2024, en die hoofdoel is om geaffilieerde lidmaatskap van Swapo te bekom. Die groep sê verder dat hy bewusmaking van sy eie handelsmerk, as nasate van oorlogsveterane, wil verskerp en voorleggings doen aan verskeie ekonomiese sektore in die land. Die adjunkpresident Nangolo Mbumba het die groep geluk gewens met die vordering wat hulle maak. Die groep het die afgelope paar jaar redelik moles gemaak met optogte waar hulle poste geëis het. Die voormalige ombud, advokaat John Walters het ook ‘n hoërhofsaak gewen in ‘n aansoek dat die groep nie voorkeur vir werksgeleenthede kry nie.