Paaie-owerheid het kommer oor elektriese voertuie

Die Namibiese Padfonds-administrasie het sy kommer uitgespreek oor ‘n moontlike toename in elektriese voertuie en volgens sy uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sal die paaie-sektor oor die volgende jaar ‘n groot transformasie moet ondergaan. Ipinge sê dat tegnologie en innovering in die motorbedryf sal die sektor se aanpassings aandryf. Terwyl brandstof-doeltreffende voertuie baie goeie nuus vir verbruikers is, is dit uitdagend vir die administrasie wat staatmaak op brandstof-heffings vir befondsing. Volhoubaarheid is volgens hom in gedrang.