Raducanu laat gaan derde afrigter

Die jong Britse speler, Emma Raducanu, en haar derde afrigter binne ‘n jaar, se paaie het geskei. Die Amerikaanse Ope-kampioen het die vertrek van haar Duitse afrigter, Torben Beltz, aangekondig. Hy is net vyf maande gelede aangestel. Die 19-jarige het nie veel sukses op die baan gehad sedert sy in September verlede jaar op Flushing Meadows in New York die titel ingepalm het as ‘n kwalifiseerder nie. Raducanu sê sy wil nou oorgaan na ‘n nuwe oefen-model met die ondersteuning van die grasbaan-beheerliggaam, LTA.