Handel tussen Namibië en Angola moet verbeter

Handelsvolumes tussen Namibië en Angola daal in vergelyking met dié tussen Namibië en ander buurlande, ten spyte van die twee lande se verhouding wat oor meer as 50 jaar strek. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van handel Sikongo Haihambo sê beide lande met ‘n meer gefokusde agenda nastreef wat handels- en beleggingsgeleenthede sal verbeter. Namibië en Angola het die Handels- en Ekonomiese Samewerkingsooreenkoms in 2004 onderteken, gevolg deur die opdrag om die twee lande se gesamentlike handelskomitee in 2014 in werking te stel. Die komitee moet ekonomiese samewerking tussen die twee lande bevorder. Volgens Haihambo moet die komitee sy werksaamhede verskerp omdat sy ministerie voortdurend oorval word met klagtes van handelaars oor uitdagings wat hulle by die grens teëkom.