Hoekom wipplank olieprys – Russiese olie is steeds in die mark…

Rusland het die afgelope weke olieversendings na sleutelkliënte verhoog. Olie-uitvoere vanaf Russiese hawens op pad na lidlande van die Europese Unie, wat histories die grootste kopers van Russiese ruolie was, het tot dusver gestyg tot gemiddeld 1,6 miljoen vate per dag in April teenoor 1,3 miljoen vat per dag in Maart. Dawie Klopper, ‘n beleggingsekonoom […]

Read More

Trump skuldig aan minagting, reuse-boete ontvang

Oudpresident Donald Trump van Amerika is deur ‘n regter van minagting beskuldig omdat hy nie sakerekords aan New York se prokureur-generaal, Letitia James, oorhandig het nie. Dit volg nadat hy ‘n dagvaardiging se sperdatum in Maart misgeloop het waarop hy die dokumente by James moes indien. Sy is besig met ‘n burgerlike ondersoek na Trump se sakepraktyke. Die […]

Read More

WHS-Gim interhoër kom aan

Die interhoër tussen Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium vind vanjaar vanaf 10 tot 14 Mei plaas. Leerders van die twee skole sien uit na die opwindende tradisionele feestelike byeenkoms. Colette Rieckert van Windhoek Gimnasium sê aan Kosmos 94.1 die skole is besig om lekker gees te vang.

Read More

Stormers op pad na die Oekraïne

Die Britse minister van verdediging, Ben Wallace, sê die Verenigde Koninkryk gaan ‘n klein aantal Stormer-pantservoertuie wat lugafweermissiele kan afvuur na Oekraïne stuur. Hy sê volgens Britse syfers is sowat 15 000 Russiese personeel in die oorlog teen Oekraïne dood. Wallace sê 2 000 gepantserde voertuie, insluitend sowat 530 tenks, is tydens die inval vernietig, […]

Read More

Kapuuo moet waai, Uutoni moet ons uitlos – Ovaherero

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid het ‘n klagskrif aan die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, geskryf om hul frustrasies aan hom te opper. Hulle is van mening dat Uutoni en eksterne magte nog altyd probeer het om by die Ovaherero-leierskap in te meng en dit te kaap vir hul eie politieke belange wat […]

Read More

Klimaatsverandering & ekostelsels – pas so aan

Die Omgewingsbeleggingsfonds en die Namibiese omgewingsministerie het landwye opleidingslypskole in ekostelsel-aanpasssings vir klimaatsverandering aangebied wat die herstel van ekostelsels ten doel het. Dit het plaasgevind op Keetmanshoop, Otjiwarongo, Khorixas, Opuwo, Ondangwa, Rundu en Katima Mulilo. Gemeenskapsorganisasies en deelnemers het hul prioriteite geïdentifiseer en tegniese hulpmiddels is verskaf vir hul beplanning oor kwessies van klimaatsverandering. Die […]

Read More

Net twee Gautengse munisipaliteite is stabiel

Gauteng se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Lebogang Maile, het ‘n donker prentjie geskilder van die stand van munisipaliteite in die provinsie. Van die elf munisipaliteite in Gauteng kan slegs twee as stabiel beskou word. Maile sê die munisipaliteite skuld 79,4 miljard Suid-Afrikaanse rand en het erken swak dienslewering lei daartoe dat inwoners […]

Read More

Musk koop Twitter na raad ‘ingee’

Die miljardêr, Elon Musk, het ‘n ooreenkoms beklink om Twitter vir 44 miljard Amerikaanse dollar, sowat 691 miljard Namibiese dollar, te koop. Twitter sê sy raad van direkteure het die transaksie eenparig goedgekeur. Tesla se uitvoerende hoof sê in ‘n verklaring hy wil Twitter uitbrei met nuwe kenmerke, die algoritmes openbaar maak om vertroue te […]

Read More

Namibiese damme is gesamentlik 84% vol

Namibiese damme is gesamentlik 84 persent vol teenoor verlede jaar die ooreenstemmende tydperk se 87,3 persent. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die sentrale damme tans gesamentlik 62,6 persent vol teenoor verlede jaar se 90,3 persent. Suide-damme is propvol met die Nautedam 102,7 persent en die Neckartaldam 99,8 persent vol. Die Hardapdam is 71 persent nadat 2,396 miljoen kubieke meter water vrygelaat is.

Read More

Gondwana is dankbaar vir DBN-lening

Gondwana Collection sê hulle is dankbaar vir die Ontwikkelingsbank van Namibië wat deur ‘n Covid-19 besigheidsverligtingslening gehelp het om ongeveer 950 poste by Gondwana te bewaar. Die bank het finansiering van 53 miljoen Namibiese dollar aan Gondwana verskaf om die salarisse van sy werknemers te betaal. Die 950 werknemers is verdeel onder 28 lodges en […]

Read More