Ekonomiese herstel kom in klein stappies

Lande regoor die wêreld sukkel in die huidige ekonomiese toestande. Almal probeer ‘n lewe maak maar, dit sukkel. Die deurwinterde sakeman, Leake Hangala sê dis tyd dat ons vir ons self begin sorg, en dit gebeur in baie klein stappies.

Read More

Kommer oor taxi-kapings

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, het sy kommer uitgespreek oor die kapings van taxi’s wat in die hoofstad toeneem. Oor die afgelope Paasnaweek is twee voertuie gekaap en die bestuurders ook beroof van al hul besittings. Gewapende roof in taxi’s kom ook al hoe meer voor. Maar, Nabta voeg by die kriminaliteit teenoor taxi-bestuurders oor die algemeen ‘n […]

Read More

Rusland het oorlogmisdade gepleeg

Volgens ‘n nuwe verslag van Human Rights Watch het Russiese magte na bewering oorlogsmisdade gepleeg tydens hulle besetting van Bucha in die Oekraïne. Navorsers het uitgebreide bewyse gevind van mense wat voor die voet tereggestel is, ander wat onwettig doodgemaak is, verdwynings en marteling. ‘n Navorser van Human Rights Watch, Richard Weir, sê dit kom alles neer op oorlogsmisdade en moontlik misdade teen […]

Read More

Proewe vir krokodil-konflik word uitgevoer

‘n Omheiningstelsel wat ontwerp is om krokodille uit te hou word op die oomblik in die Kavango Oos-streek getoets. Dr. Francois Jacobs, ‘n senior bioloog in die ministerie van visserye sê die proewe vind plaas om die voortdurende krokodilaanvalle in die twee Kavango-streke aan te spreek. Jacobs sê hulle werk nou saam met die omgewingsministerie.  Hy voeg by dat die twee ministeries eers kyk […]

Read More

Maatskaplike werkers ontplooi in KZN

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het 300 maatskaplike werkers na die vloedgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal ontplooi. Die traumareaksiespanne sal na verwagting psigo-maatskaplike steun verleen aan die slagoffers van die oorstromings. Die adjunk-minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, sê die departement verskaf ook hulp in die vorm van kos en skooluniforms, en help families wat nie […]

Read More

Fopnuus bedreig demokrasie – Obama

Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, sê een van die grootste redes waarom demokrasie verswak, is die diepgaande verandering in die manier waarop mense inligting oordra en gebruik. Hy het by die Stanford Universiteit in Silicon Valley gepraat. Obama sê tegnologie-maatskappye moet meer deursigtig wees oor die manier waarop hulle inhoud bevorder, en strenger regulasies […]

Read More

‘Don’t say gay’: Florida klap Disney terug

Florida-wetgewers het gestem om Walt Disney van sy spesiale selfregerende status te ontneem te midde van politieke verskille tussen die maatskappy en die goewerneur. Die status, wat in 1967 onderteken is, het Disney magte gegee om sy eie paaie te bou en nutsdienste in sy pretpark te beheer. Hy het ook geen belasting betaal nie. Die stap […]

Read More

VSA sal aanhou wapens verskaf aan die Oekraïne

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy administrasie sal volhou met die verskaffing van wapens aan die Oekraïne. Hy het grofgeskut, tientalle houwitsers, 144 000 rondes ammunisie, en taktiese hommeltuie in die jongste besending ingesluit. Biden sê die gevolge van die voortslepende Russiese aanvalle in Oekraïne is ‘n gruwel:

Read More

Kanime reageer op Brakwater-misdaad

Die Windhoek Stadspolisie het gereageer op berigte uit Brakwater dat die mag onttrek het uit die gebied. Inwoner Bert Laaser sê misdaad vier hooggety en Kosmos 94.1 se nuuslessenaar het met die hoof van die metropolisie Abraham Kanime opgevolg oor Laaser se kommentaar…

Read More

Brandstof-diefstal neem toe

Boewe het in Katima Mulilo het 410 liter diesel van die nasionale uitsaaier, die NBC, se toring se nood-kragopwekker gesteel. Die polisie sê hy ondersoek die voorval en daar is geen verdagtes in die saak nie. Die waarde van die diesel is net onder 9 000 Namibiese dollar beraam. Die diefstal van brandstof is redelik […]

Read More