Kommer oor taxi-kapings

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, het sy kommer uitgespreek oor die kapings van taxi’s wat in die hoofstad toeneem. Oor die afgelope Paasnaweek is twee voertuie gekaap en die bestuurders ook beroof van al hul besittings. Gewapende roof in taxi’s kom ook al hoe meer voor. Maar, Nabta voeg by die kriminaliteit teenoor taxi-bestuurders oor die algemeen ‘n probleem is. Die bestuurders is uiters kwesbaar omdat hulle werk vereis dat hulle vreemdelinge in hul voertuie toelaat. Nabta sê hy kommunikeer op die oomblik met owerhede om ‘n plan te beraam en sal binnekort sy lede inlig.