Gefrustreerde Okahandja-inwoners gaan op 11 Mei optog hou
Frustrasies oor ‘n gebrek aan ontwikkeling en dienslewering is aan die orde van die dag onder inwoners van Okahandja. ‘n Groep gefrustreerde inwoners van die Illegal informele nedersetting in die dorp wat hulself “Genoeg is genoeg” noem, beplan ‘n vreedsame optog op 11 Mei. Hulle nooi ander gefrustreerde inwoners uit om by hulle uit te […]
Eerste getuie sê moordtoneel van sokkerkaptein was afgesper
Die eerste getuie in die Senzo Meyiwa-moordverhoor, die polisielid Thabo Mosia, het getuig die misdaadtoneel was reeds afgesper toe hy in Oktober 2014 by die Mzamo-afdeling in Vosloorus, Ekurhuleni, aangekom het. Hy het in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria getuig. Mosia was een van die eerste polisiebeamptes wat na die skietery forensiese bewyse op die […]
Vier in hof oor smokkel van ietermagô
Vier mense wat teregstaan op klagte van wildsmokkelary verskyn vandag in die landdroshof in Mmabatho in Noordwes. Hulle word aangekla kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuurbiodiversiteit. Die vier, tussen die ouderdom van 33 en 59, is by die Crossing-winkelsentrum in Mahikeng aangekeer nadat hulle na bewering probeer het om ‘n ietermagô vir 250 000 rand te verkoop. Die Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoek-eenheid […]
Wes-Kaap verwerp Wetsontwerp op Verdeling van Inkomste
Die Wes-Kaapse regering het die 2022/2023-Wetsontwerp op Verdeling van Inkomste verwerp. Dit ken 72 miljard rand aan die provinsie toe, ‘n toename wat nie vorige aansienlike begrotingsbesnoeiings of lewenskoste-toenames in ag neem nie. Die Wes-Kaap kry ook amper geen medium-termyn befondsing nie, met ‘n afname in befondsing van amper 1,6 miljard rand wat in die […]
Regsverteenwoordiger van wyle Meyiwa se vriendin in hof verbied
Die regsverteenwoordiger van die vermoorde Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa se vriendin is op versoek van die staatsaanklaer, George Baloi, gevra om die hooggeregshof in Pretoria te verlaat waar die moordverhoor aan die gang is. Advokaat Magdalene Moonsamy woon die sitting by namens Kelly Khumalo, in wie se huis Meyiwa in 2014 aan die Gautengse Oos-Rand […]
Stad Windhoek keur 198 bouplanne in Maart goed
Altesaam 198 bouplanne is in Maart deur die Stad Windhoek goedgekeur, wat ‘n afname van 9,6 persent op ‘n maandgrondslag is met 219 bouplanne wat in Februarie goedgekeur is. Die totale waarde van goedkeurings het met 18,1 persent tot 128 miljoen Namibiese dollar gedaal. Op ‘n twaalf maande kumulatiewe basis is 2 473 bouplanne met ‘n waarde van […]
Tronke hier het dieselfde uitdagings as in SA
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het gereageer op die buurland se jongste verslag oor tronk-ontsnappings wat aandui dat 94 beamptes ontslaan is vir die smokkel van onwettige dwelmmiddels na tronke en vir die aanhelp van ontsnappings. Hulle werk aan die verhoudingsgetal van beamptes tot gevangenes, wat deur oorbevolking in tronke skeefgetrek is. Die Namibiese Korrektiewe Dienste […]
Dinge loop goed by skole, maar dis dinamiese omgewings
Daar was uitdagings aan die begin van die jaar met Namibiese skole wat moes wag vir skryfbehoeftes en die skoovoedingsprogram was ook stadig uit die blokke uit. Gevalle van bendegeweld het ook kop uitgesteek. Noudat die jaar op dreef is, het Kosmos 94.1 Nuus met die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp gepraat oor […]
Wes-Kaapse landbou gelukkig met uitvoersyfers van vrugte
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê weens die vele onderbrekings in internasionale handel as gevolg van Covid-19, bedreig opeenhopings by fasiliteite steeds die betroubare voorsiening van belangrike landbouprodukte. Dit hou verband met handelsinfrastruktuur, insluitend hawens se vermoëns en tarief- en geen-tariefbeperkings. Meyer sê die toename in die uitvoer van vrugte is goeie nuus […]
Spanning oor Chris Hani se herbegrawe
Die familie van die voormalige uMkhonto we Sizwe-bevelvoerder in die Oos-Kaap, wyle Chris Hani, eis dat sy oorskot in sy tuisdorp Cofimvaba herbegrawe word. ‘n Familielid, Mphatheli Hani, sê ‘n vergadering in 2009 met oud-president Jacob Zuma oor die opgrawing, herbegrawe en opknapping van die voorvaderwoning het nooit gebeur nie. Hani se weduwee, Limpho Hani, […]