Namibiese gesondheidsministerie stel nuwe gesondheidsorgbeleide bekend

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag vier beleide bekend gestel waarna gesondheidsorg in die land volgens internasionale standaarde streef. Dit sluit in die Nasionale Kwaliteitbestuursbeleid, die Nasionale Kwaliteitbestuur Strategiese Plan, die Hospitaal Kwatliteitstandaarde en die Primêre Gesondheidsorggeriewe Kwaliteitstandaarde. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê die beleide verseker die voorsiening van kwaliteit diens aan gesondheidsorg in Namibië. […]

Read More

Oud-Namibiese valskermsoldaat land voor Voortrekkermonument

‘n Oud-Namibiër in die Suid-Afrikaanse Weermag, luitenant-kolonel Laurel Thatcher, en majoor Corne Myburg, het geskiedenis gemaak toe hulle met hul valskerms voor die Voortrekkermonument in Pretoria geland het. ‘n Erediens vir gestorwe makkers is by die Voortrekkermonument gehou. Thatcher het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die ervaring.

Read More

Hoër brandstofprys gaan rimpeleffek op lanbousektor hê

Die skerp styging in die brandstofprys het ‘n algehele impak op inflasie, veral op die Namibiese landbousektor. Die petrolprys sal môreaand om middernag met 1 dollar 20 sent styg en diesel met 1 dollar 30 sent. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat die rimpeleffek van die styging van op […]

Read More

SA stel arbeidskwotas vir buitelanders in

Die Suid-Afrikaanse arbeidsminister, Thulas Nxesi, sê die Nasionale Arbeids-migrasiebeleid gaan nuwe kwotas instel op buitelanders wat toegelaat sal word om in vername ekonomiese sektore te werk. Dit sluit landbou, gasvryheid en die boubedryf in. Nxesi het op ‘n nuuskonferensie oor die beleid en voorgestelde wysigings aan die Wet op Arbeidsdienste gesê die debat oor die […]

Read More

Wes-Kaap kry Agri-op-wiele-verwerkingsprojek

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die departement se mobiele Agri-op-wiele-verwerkingsprojek by die Genesis-sakespilpunt in Vredenburg bekend gestel. Meyer sê die projek is ‘n eerste vir Suid-Afrika. Dit bestaan uit ‘n mobiele eenheid waar vleis-, vrugte- en groenteverwerking aan landboukundiges gedemonstreer kan word. Meyer sê die projek het ten doel om agri-verwerkings-ondernemings in […]

Read More

Kaapse gebou in Waalstraat vanaand in blou en geel getooi

Rusland se inval in Oekraïne is ‘n misdaad teen die mensdom, aldus die speaker van die Wes-Kaapse wetgewer, Masizole Mnqasela. Hy het aangekondig die Wes-Kaapse wetgewer staan in vredevolle solidariteit met die mense van Oekraïne. Om dit te wys, sal die gebou in Waalstraat, Kaapstad, vanaand verlig word met blou en geel, die nasionale kleure […]

Read More

Verreyne slaan honderdtal teen Nieu-Zeeland

Krieket: Kyle Verreyne se eerste honderdtal vir Suid-Afrika in die tweede toets teen Nieu-Seeland word bestempel as ‘n verligting vir die Proteas ná die Quinton de Kock-era. Die paaltjiewagter het die handskoene oorgeneem na De Kock se uittrede uit toetskrieket, en het ‘n onoorwonne 136 bygedra op die voorlaaste dag van die kragmeting in Christchurch. […]

Read More

Skenking van R50 miljoen aan Kuba moet gekanselleer word

Sowat 60 organisasies sonder winsoogmerk het ‘n versoekskrif aan die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking oorhandig om ‘n skenking van 50 miljoen rand vir honger-verligting aan Kuba terug te trek. In die versoekskrif met nagenoeg 17 000 handtekeninge, sê hulle dis absurd om miljoene rand te skenk terwyl miljoene mense in Suid-Afrika daagliks […]

Read More

Withuis bevestig Pres. Joe Biden vandag in gesprek met bondgenote

Die Withuis het bevestig die Amerikaanse president, Joe Biden, sal vandag ‘n sekerheidsgesprek met bondgenote en vennote voer om verwikkelings en reaksies op Rusland se aanval op die Oekraïne te bespreek. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering bespreek tans ‘n voorstel waarin Rusland se inval veroordeel word. Die G7 het gister gedreig met nuwe sanksies […]

Read More

Pres. Hage Geingob arriveer in Katar vir samesprekings

Namibiese President Hage Geingob het in Amriri Diwan, Katar se setel van heerskappy, aangekom vir bilaterale samesprekings met die leier van Katar, sjeik Tamim bin Hamad Al Thani. President Geingob is op ‘n tweedaagse amptelike besoek aan Katar op uitnodiging van sjeik Al Thani.

Read More