Meer as 3 000 vlugtelinge in 2021 vermis op pad Europa toe

Duisende Afrikane onderneem jaarliks lang, gevaarlike reise na Europa op klein, opblaasbootjies. Talle vlug haglike lewenstandaarde of geweld. Volgens die Verenigde Nasies se vlugteling-agentskap, is 3 077 mense as dood of vermis in 2021 aangemeld, byna dubbel die 2020-syfer. Shabia Mantoo van die agentskap sê die regte en veiligheid van vlugtelinge moet beskerm word.