Saara sê sterk, gesonde families is die beste begin

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê daar is ‘n behoefte om te belê in pro-familie beleidsopsies en maatskaplike werkers vir verbeterde slagoffer en oortreder ondersteuning. In haar mening is sterk, gelukkige en gesonde gesinne belangrik om gemeenskappe te bevorder, en om goeie waardes terug te bring in gemeenskappe regoor die land. Kuugongelwa-Amadhila sê die […]

Read More

Verkiesingswet in SA is steeds verkeerd

Die vereniging vir onafhanklike kandidate in Suid-Afrika sê die voorgestelde wetsontwerp op verkiesingshervorming wat die regering voorgelê het, is vol foute en ignoreer moontlik die Konstitusionele Hof se riglyne oor verkiesingshervorming. Die Konstitusionale Hof het in Junie 2020 beslis die land se huidige kiesstelsel is ongrondwetlik en het die parlement twee jaar tyd gegee om […]

Read More

Munster oefen hard vir Bulle-wedstryd

Munster se hulpafrigter, Graham Rowntree, sê hulle verwag hierdie maand fisiese kragmetings teen die Bulle en die Leeus. Hulle takel die Bulle volgende Saterdag op Loftus Versfeld en die Leeus die 19de op Ellispark. Rowntree sê die fisiese grootte van die Leeus en Bulle se onderskeie pakke voorspelers is iets waaraan hulle nie gewoond is […]

Read More

Kerke loods LGBTQ-projek

Die Raad van Kerke in Namibië het ‘n LGBTQ-projek van stapel gestuur om ouers van kinders van die LGBTQ-gemeenskap te betrek om liefde in hierdie gesinne te herstel. LGBTQ mense ervaar meer gewelddadige optrede, soos verkragting, seksuele aanranding en aanranding. Boonop kry ouers van LGBTQ-kinders nie juis ondersteuning nie en hierdie projek poog om ondersteuning […]

Read More

Swakop se stedelike landbou behaal groot suksesse

Stedelike landbou word regoor die wêreld as uiters belangrik geag en Namibiese owerhede bevorder reeds ‘n geruime tyd die praktyk. Berigte vanaf die kus toon dat die veldtogte letter begin om vrugte af te werp. Twintig vroue, almal werkloos maar tans almal produsente van verskeie groentesoorte boer vooruit en slaag daarin om genoeg te verdien […]

Read More

Fitch pas Rusland afwaarts aan

Die kredietagentskap Fitch sê die erns van internasionale sanksies in reaksie op Rusland se militêre inval in Oekraïne het risiko’s vir makro-finansiële stabiliteit verhoog. Die agentskap het Rusland se soewereine kredietgradering van BBB na B aangepas en die land se vooruitsig na negatief. Moody’s het ook die land se gradering met ses kerwe negatief aangepas, […]

Read More

Richtie wil geskiedenis maak

Die Suid-Afrikaner JC Ritchie kan outomaties na die DP-wêreldtoernooi vorder as hy hierdie week se Mangaung Ope wen, wat vandag in Bloemfontein begin. Hy wil ook die eerste speler in die geskiedenis word wat drie agtereenvolgende geleenthede in die Europese Uitdaagtoernooi buit. Die 28-jarige speler het agtereenvolgende titels verower toe hy die Bain’s Whisky Kaapstad […]

Read More

WGO het kommer oor Oekraïne

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy is bekommerd oor die humanitêre nood wat besig is om in Oekraïne te ontwikkel. Die Verenigde Nasies se menseregte-kantoor sê 227 burgerlikes is binne die eerste vyf dae van die Russiese inval dood terwyl ‘n miljoen mense na buurlande gevlug het. Die WGO se direkteur, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die eerste […]

Read More

Olie skiet verder die hoogte in

Die olieprys het sy oplewing verleng, met Brent wat bo 118 Amerikaanse dollar per vat gestyg het. Dit word volgens kenners aangedryf deur handelsontwrigting en verskepingskwessies weens sanksies teen Rusland oor die Oekraïne-krisis. Intussen het Amerikaanse voorrade tot ‘n laagtepunt gedaal. Die hoof oorsaak van die styging is die Amerikaanse sanksies teen Rusland se olie […]

Read More

PDM sê jeug se werlkloosheidskrisis moet aangespreek word

Die Popular Democratic Movement sê Namibië se jeug het dringend bystand nodig. Daar is volgens die party ‘n werkloosheidskrisis onder die jeug en daar moet weggedoen word met bepaling dat ervaring nodig is vir intreeposisies. Die party se LP Inna Hengari sê verder dat ‘n diens vir werkverskaffing vir die jeug geskep moet word. Die […]

Read More