Noord-Korea voer missieltoets uit

Noord-Korea het vanoggend ‘n ballistiese missiel afgevuur. Dit is volgens Suid-Korea se weermag en die jongste in ‘n reeks wapentoetse wat deur Pjongjang die afgelope tyd uitgevoer is. Suid-Koreaanse amptenare waarsku dat die land voorberei om kerntoetse te hervat. Japan se kuswag het ook gesê dat Noord-Korea potensieel ‘n ballistiese missiel gelanseer het. Die land het in Maart sy kragtigste interkontinentale ballistiese missiel op volle afstand getoets, wat moontlik die Verenigde State kan bereik.