Prysstygings vir Telecom-kliënte

Telecom Namibia het ‘n prysverhoging, wat op 1 Junie vanjaar in werking tree, vir verskeie van sy dienste aangekondig. Installasies, die oordrag van dienste sowel as die huur van lyne sal dan duurder word met pryse vir residensiële dienste, pensioenarisse en besighede wat opgaan. Uitroep kostes sowel as instandhoudingswerk, binne werksure en na werksure is ook duurder. In ‘n persverklaring deur die maatskappy se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, word melding gemaak van ‘n strategiese plan om die telekommunikasienetwerk landwyd te moderniseer wat nuwe basisstasies, opgradering van 3G na 4G, sowel as nuwe veselroetes wat daargestel word, insluit. Shanapinda sê die inisiatiewe is duur en daarom is ‘n prysstyging nodig maar, dat Telecom steeds van die goedkoopste dienste in die streek aanbied.