EU gemaan om eerder groen-energie te vind in soektog na Russiese alternatiewe

Elf voormalige EU-beleidshoofde het die Europese Unie gemaan om, in sy soektog na alternatiewe vir Russiese olie en gas, hom nie in te sluit in jarelange kontrake vir nie-hernubare energiebronne nie. Die blok sal die maand sy planne om sy afhanklikheid van Russiese energie te beëindig, aankondig. Die hoofde meen dat bronne nie eenvoudig gediversifiseer moet word nie maar, dat die EU hom eerder moet wend aan bronne wat ooreenstem met klimaatdoelwitte en eerder bronne vir hernubare energie moet ontwikkel en uitbrei.