Mercedes sê hy het manier gevind om motor te verbeter

Die hoof van die Formule Een Mercedes-span, Toto Wolff, sê hulle het verskeie maniere gevind om die motor te verbeter en sal in die naweek se Grand Prix in Miami hiermee eksperimenteer. Mercedes is die afgelope agt jaar die vervaardigerskampioen, maar het die seisoen met ‘n agterstand begin. Wolff sê albei renjaers, Lewis Hamilton en George Russell, het in aanloop tot Miami in die simulator geoefen, en die fabrieke het intussen verbeterings vir die volgende wedrenne aangebring.