Net 2% van Suid-Afrikaners sal SAPS bel in noodgeval

Slegs 2 persent van Suid-Afrikaners sal 10111 eerste in ‘n geval van nood bel, terwyl 56,8 persent privaat sekerheidsmaatskappye en 40,7 persent buurtwag-groepe sal skakel. Dis bevind in ‘n onlangse opname deur Action Society om vas te stel of inwoners van die land die noodnommer 10111 as hul eerste keuse vertrou. Action Society-woordvoerder Ian Cameron sê die uitslag wys die meeste inwoners vertrou nie die Suid-Afrikaanse polisiediens nie: