Billie Eilish hou klimaat-show in Londen

Die veelbekroonde sanger, Billie Eilish, het aangekondig sy gaan volgende maand in die O2-stadion in Londen ‘n paar dae lank ‘n geleentheid, met die titel Overheated, aanbied wat op die klimaat fokus. Dit val saam met die Britse en Ierse been van haar Happier Than Ever- wêreldtoer. Overheated  gaan klimaataktiviste, musikante en ontwerpers saamtrek om verskillende onderwerpe te bespreek, soos hoe die musiekbedryf meer omgewingsvriendelik kan raak, die voordele van ‘n dieet met plante as basis, en volhoubare modes.