ANC se nasionale werkskomitee bekommerd oor konflik tussen Rusland en Oekraïne

Die ANC se nasionale werkskomitee is bekommerd omdat die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne erger word. ‘n Woordvoerder van die party, Pule Mabe, het die media na die weeklikse komitee-vergadering toegespreek. Die komitee het President Cyril Ramaphosa se oproep herhaal dat die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vreedsame en diplomatieke oplossings vir die konflik moet […]

Read More

Vliegtuigongeluksverslag van wyle Dirk Coetzee bekend

Die vliegtuigongeluksverslag waarin die 72-jarige jarige boer, Dirk Coetzee, op 8 Oktober 2021 op sy plaas Zuckhof-Wes, sowat 80 kilometer noordoos van Outjo was, is deur die Namibiese vervoerministerie se direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke bekend gemaak. Coetzee het gevlieg om veldbrande in die omgewing waar te neem en inligting aan brandbestrydingspanne te verskaf. Volgens die verslag […]

Read More

Namibië se top-uitvoerland bly steeds China

Namibië se top-uitvoerlande volgens Januarie se Namibiese handelsbulletin is China, Suid-Afrika, Zambië, Spanje en Frankryk. Die grootste uitvoerproduk is verwerkte koper, gevolg deur uraan. Vis verteenwoordig 10 persent van uitvoere na Spanje, Zambië en Suid-Afrika, gevolg deur diamante op 8 persent na die Verenigde Arabiese Emirate, België en Hongkong. Suid-Afrika is steeds Namibië se top-invoerland, […]

Read More

Wysigingswet op Rolprente en Publikasies wil Suid-Afrikaners beskerm teen aanlyn leed

Die raadsvoorsitter van die Rolprent- en Publikasieraad, Zama Mkosi, sê die bedoeling van die Wysigingswet op Rolprente en Publikasies is om Suid-Afrikaners te beskerm teen aanlyn leed. Mkosi sê enigeen wat inhoud in die land te koop wil aanbied, moet dit vir klassifikasie aan die raad voorlê. Sy sê die publiek kan tot 18 Maart […]

Read More

Spesiale Taakspan Dubai toe vir wapen- en taktiek-uitdaging

Tien lede van die Suid-Afrikaanse polisie se Spesiale Taakspan is gekies om aan die Verenigde Arabiese Emirate se spesiale wapen- en taktiek-uitdaging in Dubai deel te neem. ‘n Gautengse woordvoerder, Mathapelo Peters, sê die byeenkoms vind van 13 tot 17 Maart plaas in Dubai se spesiale taakmag-opleidingsgerief. Peters sê dit sal samewerking tussen alle taakspanne […]

Read More

Schlettwein praat met lede van Kommunale Grondraad-appèltribunaal

Die Namibiese minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het vandag die opleiding van lede van die Kommunale Grondraad-appèltribunaal bygewoon. Die geleentheid was om die lede bymekaar te bring en hulle aan die stelsel bekend te stel. Die minister het in sy toespraak lede gevra om die appèlprosesse te bespoedig, omdat geregtigheid vertraag is.

Read More

Geen strafregtelike klagte teen Albert Fritz gelê

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy kan nie ‘n saak aanhangig maak teen die voormalige LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, nie. Dit volg na ‘n onafhanklike ondersoek oor bewerings van seksuele wangedrag. Winde sê dit was nie ‘n strafregtelike ondersoek nie en slegs die klaers kan ‘n saak maak. Advokaat Jennifer Williams het die […]

Read More

Nuwe Wysigingswet op Rolprente en Publikasies in SA verwelkom

Die Suid-Afrikaanse departement van kommunikasie en digitale tegnologie en die Rolprent- en Publikasieraad het die Wysigingswet op Rolprente en Publikasies verwelkom. President Cyril Ramaphosa het die wet gepromulgeer met ingang van 1 Maart. Die adjunkminister van kommunikasie en digitale tegnologie, Philly Mapulane, sê hy hoop die nuwe wet sal die toename in potensieel skadelike inhoud […]

Read More

Skuldigbevindings vir SA plaasmoorde is slegs 33%

AfriForum sê boere moet hul veiligheid in eie hande neem in die lig van die moord- en martelsyfers op plase. Die burgerregte-organisasie het vandag ‘n verslag oor plaasaanvalle en plaasmoorde vrygestel. AfriForum se hoof van beleid, Ernst Roets, sê in die afgelope ses-jaar is 364 plaasmoorde bevestig. Roets voeg by dit is kommerwekkend dat die […]

Read More

Franse President bel Putin en Zelensky

President Emmanuel Macron van Frankryk het vandag nog ‘n telefoongesprek van 90 minute met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gevoer. Dit is hulle derde gesprek sedert die inval in Oekraïne. ‘n Assistent van Macron het anoniem aan die media gesê die Franse leier het daarna ook Oekraïne se president, Wolodimir Zelensky, in Kiëf geskakel. Die […]

Read More