Verklaar ramptoestand – SA ervaar kragkrisis

Daar is toenemende oproepe in Suid-Afrika om ‘n ramptoestand oor Eskom te verklaar, aangesien voortdurende kragonderbrekings een van die grootste bedreigings vir Suid-Afrika se ekonomiese herstel geword het. Die DA doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om op te hou om die werklikheid te ontken en te erken Suid-Afrika ervaar ‘n elektrisiteitskrisis. Die party se woordvoerder, Ghaleb Cachalia, doen ‘n beroep op die regering om provinsies en munisipaliteite met die vermoë om elektrisiteit op te wek toe te laat om dit te doen: