Dawie Roodt en gesin sit vas in Moskou

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt is saam met sy vrou Marina en hul tweelingdogters in Moskou, Rusland vasgekeer. Die familie het ‘n troue in Sochi bygewoon. Roodt se vrou is ‘n Russiese burger en dus het die tweeling ook Russiese burgerskap maar, die tweeling het op hul Suid-Afrikaanse paspoorte gereis. Roodt het aan media in die buurland gesê dat die land se wetgewing bepaal dat Russiese burgers net met Russiese dokumente reis en dat hulle nie bewus was daarvan nie. Hy meen hulle is per abuis toegelaat om die land binne te gaan. Daar moet nou aansoek gedoen word vir paspoorte en Marina se familie het tot hul redding gekom omdat internasionale kredietkaarte nie in die land werk nie as gevolg van sanksies.