Boer kry borg in Mariental-plotte dood van dogtertjie, 9

Johan Meyer, ‘n boer van Mariental, is borg van 3 000 Namibiese dollar toegestaan. Dit kom na hy vlugtig in die hof verskyn het op klagte van strafbare manslag na die dood van Hendrina  Mupolo, 9. Die voorval het Sondagoggend op sy plot, K11 by die Hardapskema plaasgevind. Hy het blykbaar vir Hendrina, haar ma en ander betrap waar hulle grondbone uit sy land uitgegrawe het. Hy het hulle blykbaar met sy bakkie weggejaag en in die proses oor Mupolo gery. Sy is later in die hospitaal op die dorp aan inwendige beserings oorlede. Die saak is tot 24 Augustus uitgestel sodat Meyer regsverteenwoordiging kan bekom en vir die polisie om sy ondersoek te voltooi. Daar word berig dat Meyer getroud is met ‘n senior staatsaanklaer op die dorp, Anita Meyer.