Namibiese besighede vergader saam met Angolese-sakepersone

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, in samewerking met sy Angolese eweknie, bied op 12 en 13 Mei die Namibiese Angolese Besigheidsforum by die Helao Nafidi-eksposentrum aan. Dit is die eerste ontmoeting en vergadering tussen die twee besigheidsgemeenskappe en is, volgens die Namibiese minister van internasionale betrekkings, Netumbo Nandi-Ndaitwah, baie belangrik vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling. Sy verduidelik.

Die forum is gratis vir besighede maar, registrasie is noodsaaklik.