Spanning tussen Israel en Rusland bou verder op

Die verhouding tussen Rusland en Israel, wat altyd baie goed was, is besig om te verswak. Na die aanmerkings deur die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lavrov dat die Nazi-leier Adolf Hitler Joodse bloed het, het sy ministerie Woensdag gesê Israelse huursoldate staan die verregse groep Azov in die Oekraïne by. Die Afrika politieke ontleder dr. Charles Sinkala het die eskalasie in aggressie betreur.