Huldeblyke stroom in vir Gerhard Mans

Huldeblyke stroom in vir die Mans-familie na die tragiese dood van Gerhard Mans snr., wat Woensdagoggend oorlede is in ‘n fietsry-ongeluk. Advokaat John Walters, mede-president van die Namibiese Rugby-unie, het sy medelye betoon met die familie. Walters ken Mans sedert sy debuut as kaptein vir ‘n onafhanklike Namibiese rugbyspan in 1990. Walters het ook melding gemaak van hoe gevaarlik Namibië se paaie geword het.