Fase 4 beurtkrag in SA, tot Vrydagoggend

Eskom het aangekondig fase 4-beurtkrag word vanoggend nege-uur, dus nou, ingestel en duur tot vyf-uur Vrydagoggend. Daarna geld fase 2 tot Maandagoggend vyfuur. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê nog opwekkingseenhede het deur die nag onklaar geraak:

Read More

Action Society het kommer oor kaderontplooiing in SAPD

Action Society in die buurland sê indien die status quo voortduur ten opsigte van bestaande en nuwe aanstellings in die polisiediens se topleierskap, sal nog kaderontplooiing deur die ANC volg. President Cyril Ramaphosa het verlede maand die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole, se dienskontrak beëindig. Action Society se woordvoerder, Ian Cameron, sê hulle beywer hulle onverpoosd […]

Read More

Rusland appelleer oor sokker-verbod

Die Hof vir Arbitrasie in Sport het bevestig hy het ‘n aansoek om appèl van Rusland ontvang nadat Fifa en Uefa hom uit kompetisies geskors het. Die twee beheerliggame het Rusland se nasionale en klubspanne tot verdere kennisgewing uit internasionale kompetisies geskors nadat dié land Oekraïne binnegeval het. Die Russiese sokkerunie hou vol Fifa en […]

Read More

Smith kry steeds eer vir King Richard

Die akteur Will Smith sê King Richard se goeie ontvangs oor die wêreld heen is verblydend. Smith en Aunjanue Ellis het by die rolprentfees in Santa Barbara die toekennings vir uitstaande kunstenaars van die jaar ontvang vir hul vertolking van Richard en Oracene Williams, die ouers van die beroemde tennissterre, Venus en Serena. Die akteurs […]

Read More

SANDF moet verduidelik sê VF+

Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, om die Suid-Afrikaanse Weermag se vermoedelik verdagte ooreenkoms met die Saint George Hotel in Irene, Pretoria, te ondersoek. Die party se leier, Pieter Groenewald, sê dis onaanvaarbaar dat die hotel teen 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand per maand gehuur word om senior offisiere op […]

Read More

Vervoer (van alles) word ook duurder

Die vervoerbedryf in Namibië staar soos ander sektore, talle uitdagings in die gesig. Op die oomblik is die grootste uitdaging die styging van oliepryse. Die uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, Stefan Terblanche, sê aan Kosmos 94.1 Nuus met Namibië wat 90 persent produkte vanuit Suid-Afrika invoer, sal die olieprys ‘n reuse-impak op die […]

Read More

Vakbond kyk ook na verpleërs werksomstandighede

Die Verpleegsters-unie van Namibië is steeds besig om verpleegsters te werf. Verlede maand het hulle die Suide besoek en vandeesweek is hulle in die Noorde. Vandag word besoek afgelê by Engela en die Onandjokwe-hospitaal, môre is hulle by die Oshakati- en Oshikuku-hospitale en Vrydag by die hospitale van Outapi en Opuwo. Junias Shilunga, die sekretaris-generaal […]

Read More

Pensioenarisse moet belsuit: Sassa of Nam-toelaag

Die uitvoerende direkteur van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Esther Lusepani sê haar ministerie werk saam met Sassa vanaf Suid-Afrika om begunstigdes wat dubbele toelae ontvang te identifiseer. ‘n Span van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Bystandsagentskap, bekend as Sassa, is tans in die land in die verband. Daar is volgens berigte effe meer as 500 Sassa-begunstidges aan veral […]

Read More

Israel vlieg nog na Rusland

Israel het waarborge ter waarde van 30 miljard Namibiese dollar verleng vir sy lugrederye wat na Rusland vlieg. Dit sou vandag verstryk het. Die stap deur die Israelse regering het kritiek ontlok terwyl verskeie Westerse lugrederye in die Europese Unie, Kanada en Amerika, Rusland boikot oor sy inval in Oekraïne. Israel se premier, Naftali Bennett, […]

Read More

Standaardgraad-uitslae môre bekend

Die Namibiese onderwysministerie sê die uitslae van die net meer as 40 000 leerders wat die standaard-graad senior sekondêre sertifikaat geskryf het, sal môre beskikbaar wees. Kandidate kan hul uitslae op die ministerie se webtuiste kry of hul kandidaatsnommers na 99 0 99 of 55 7 55 SMS. Die Namibiese Studente Hulpfonds aanvaar nog aansoeke […]

Read More