Whk vergader oor uitvoerende hoof vandag

Stad Windhoek sal later vandag ‘n spesiale raadsvergadering hou om die aanstelling van ‘n uitvoerende hoof vir die stad te bespreek. Die pos is sedert November 2020 vakant toe Robert Kahimise aangesluit het by Cenored. Onderhoude is onlangs gevoer en vyf kandidate is op ‘n kortlys geplaas maar, tot op hede is geen aanstelling gemaak nie. Dit is reeds bekend dat Job Amupanda reeds in April gesê het dat die aanstelling vertraag is omdat al vyf kandidate bande met Swapo het en plaaslike media berig nou dat die huidige burgemeester Sade Gawanas, van die LPM-party, vandag bewyse hiervan by Amupanda wil hê. Daar was aanvanklik ‘n koalisie tussen die Affirmative Repositioning-beweging, die IPC, PDM en Nudo op die raad maar dit het uitmekaar geval.