Amerikaanse kinders het nes Namibiese kinders gesukkel

Duisende Amerikaanse families wat dit nie kan bekostig nie, sal nou gratis toegang tot hoë-spoed internet ontvang en ander, wat nie daarvoor kwalifiseer nie, sal dit teen ‘n goedkoper, gesubsidieerde prys ontvang. Dit wil voorkom asof die uitdagings wat Amerikaanse kinders tydens die inperkings gehad het, nie veel verskil van die uitdagings wat plaaslik ervaar is nie, soos die Amerikaanse adjunk-president Kamala Harris verduidelik.