Staatskaping word tans vervolg

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika sê die staatskapingskommissie sal voortgaan om hom toegang te gee tot bewyse wat ingevolge die wet ingesamel is. Dit is om suksesvolle vervolging te verseker in sake wat uit die kommissie se werk voortspruit. Die woordvoerder van die gesag se nasionale ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê tot dusver is 82 ondersoeke verklaar en 20 sake op die rol geplaas. Die meeste volg uit die kommissie se werk met 65 beskuldigde persone: