Cyril spreek mynindaba toe

President Cyril Ramaphosa gaan die hoofrede lewer by die Afrika-mynindaba wat tans by die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum gehou word. Vanjaar se tema is “Evolusie van mynbou in Afrika”. Ramaphosa se waarnemende woordvoerder, Tyrone Seale, sê die president se deelname aan die indaba volg na die suksesvolle Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Maart, waar mynmaatskappye onder dié was wat aansienlike beloftes gemaak het om hulle bedrywighede in die land uit te brei: