Protea-vroue berei voor vir eerste toetsreeks in 8 jaar

Die Protea-vroue neem tans deel aan ‘n veeleisende nasionale oefenkamp by Krieket Suid-Afrika se hoëprestasie-sentrum in Tshwane. Dit is ter voorbereiding van hulle eerste toetsreeks in agt jaar wanneer hulle vanaf 27 Junie tot 25 Julie teen Engeland kragte meet in ‘n veelformaat-toernooi. Hulpafrigter Dillon du Preez sê die kamp sluit in fiksheidstoetse en sessies om tegniese vaardighede te slyp, asook twee rooibal-, tussengroep-wedstryde: